Die volgende blitsren is Saterdag op die Interlagos-baan in São Paulo, waar die Brasiliaanse Grand Prix die naweek beslis word.
Argentinië se voorkeurskakelpaar van Gonzalo García en Tomás Albornoz sal weens beserings nie vir hul Britse toer vandeesmaand beskikbaar wees nie, sê die Argentynse Rugbyunie.
Vir Laura Wolvaardt, kaptein van die Protea-vrouekrieketspan, is dit “frustrerend” dat sy en haar spanmaats wéér in ’n eindstryd verloor het omdat sy voel hulle speel goeie krieket.
David Beckham, een van Brittanje se mees gevierde sokkerspelers, is Dinsdag by die Windsor-kasteel deur koning Charles tot ridder geslaan.
In haar getuienis Dinsdag het Boshielo, nes Cassel Mathale, haar mede-adjunkminister van polisie, beweer dat sy op sosiale media uitgevind het van die ontbinding van die taakspan.
Stefan Smit is op 2 Junie 2019 drie keer deur rowers geskiet waar hy aan die etenstafel gesit het op sy plaas Louiesenhof, buite Stellenbosch.
Pornografie waarin mense gewurg of hul suurstoftoevoer afgesny word, sal eersdaags onwettig wees in Brittanje.
Samson is vroeër vanjaar vrygespreek op aanklag van moord nadat regter Avinash Govindjee bevind het dat hy uit selfverdediging opgetree het toe hy Shalton Bruintjies geskiet het.
Die SWD-Rugbyunie hoop dat die aanstelling van Heyneke Meyer as afrigter ’n beduidende tree in die rigting sal wees om ’n krag in Suid-Afrikaanse rugby te word.
Kwinana se ontevredenheid kom nadat haar saak Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen tot volgende jaar uitgestel is.
Die sakeman Brown Mogotsi, wat ’n beweerde sluipmoordaanslag oorleef het, het teen Dinsdagmiddag nog nie ’n verklaring daaroor by die polisie afgelê nie en reageer glo nie as hulle hom kontak nie.
FlySafair en die vakbond wat sy kajuitbemanning verteenwoordig, se salarisonderhandelinge het versuur en van die werknemers gaan moontlik staak tydens die G20-leiersberaad, wat in November in Johannes ...